Zanta Hofmeyr in Violin Dialogue with Miro Chakaryan

Zanta Hofmeyr (violin), Miro Chararyan (violin), Olive Sandilands (piano)

Die befaamde Suid–Afrikaanse en Bulgaarse violiste Zanta Hofmeyr en Miro Chakaryan voer ’n opwindende program van virtuose vioolduos uit. Hulle deel hul liefde vir die instrument met ‘n musikale dialoog deur werke vir twee viole, meeste met klavierbegeleiding, van Wieniawski, Sarasate, Leclair, Shostakovich en Mozkowski. Miro Chakaryan is die konsertmeester van die Johannesburgse Filharmoniese Orkes en Zanta Hofmeyr is bekend as konsertviolis en viooldosent. Konsertgangers kan verseker wees van ‘n konsert gelaai met musikale vuurwerke en intensiteit wat deur ongebreidelde passie en onwrikbare dissipline geïnspireer word.